top of page
Ons storie strip.jpg

Ons Storie

Ons stel met groot opgewondenheid ons JA-NEE kinder T-hemp-reeks bekend.

Die unieke, humoristiese sê-goed soos wat jy slegs in die Afrikaanse taal sal vind EN natuurlik ons liefde vir die avoontuurlustige kleinspan, is die groot inspirasie-bron agter ons ontwerp-konsepte.

T-hemde word hand-gemaak van hoë-gehalte, “moisture management” materiaal en is duursaam genoeg om

die slytasie waardeur jou “Kloutergat” of “Rooimier” dit mag sit, te kan hanteer. Dis boonop ook kleurvol en jy sal maklik 'n ogie kan hou oor jou kosbare “Rissiepit".

 

Die reeks word plaaslik vervaardig en gedruk deur Silhouette Sportswear Manufacturers Pty. Ja-nee, die reeks is Trots Suid-Afrikaans en beslis 100% Afrikaans!

 

#vat-nie-twak-van-kabouters-nie #rakker #kriewelgat #gouegatjie #vuurvreter

bottom of page